Preeknotas – vir kinders…

‘n Handige manier om die kinders te help om na die preek te luister! Gebruik dit gerus ook as ‘n besprekingspunt by die huis – gesels met hulle oor wat hulle geskryf het.

Klik gerus op die bladsy om ‘n .pdf weergawe oop te maak wat maklik kan uitdruk. 

IMG_4881

 

Bybelskool

Ons is baie opgewonde om eerskomende Sondag met ons eerste Bybelskool te kan begin. Mag ons die Here onse God op ‘n dieper en voller manier leer ken en mag sy Gees en sy Woord ons in ons geloof laat groei. Bo alles, mag sy Naam verheerlik word.

Bring asb. die volgende saam:

  • Jou Bybel
  • Jou gesangeboek
  • ‘n notaboek en pen
  • ‘n leêr vir lospapiere

Sien jou DV daar!